Chris Chameleon (Musiekskuur Theatre)
13 Apr

Chris Chameleon en Daniella Deysel is Kat en Wolf. Hierdie multimedia musikale projek is gebore uit die begeerte van beide hierdie kunstenaars om buite die kou van hul gevestigde name op vryer vleuels met beeld, klank en kostumering in die ongewone wildernis van hul verbeelding te sweef.

In ‘Kat en Wolf’ breek Chris en Daniella weg van die konvensie van hul respektiewelike korpusse en slag die heilige koeie van verwagting, die selfvonnis van beroepsklassifisering en die maak-vir-smaak eise wat gestel word aan diegene wat hul wend tot die waan van ‘n lewensvatbare musiekloopbaanbestaan. 

Kat en Wolf is nie bang vir die donker nie, skrik nie vir bloed nie, is ernstig oor speel en speel met erns. Toonsettings van dele uit die HAT, aanhalings uit kunsgeskiedenis naslaanwerke, die elektrisiteit van seksualiteit en die soeke na die sinvolste verkenning van vals sang is van die onderdele van hierdie aweregse konsertreis.

Chris gee ook altyd, êrens in sy vertoning vir gehore die geleentheid om hulle gunstelinge te versoek!



Please select date and time
Friday 13 April @ 20:30
R150

General Information / Bookings
Pre-order food and drinks

Tel:


Address:
Rockwood Theatre

Parkview Shopping Centre
Cnr
Moreleta Park
Pretoria East
Corporate functions / Fundraisers /
Venue hire and conferencing:


Tel:

Theatre owner:
Tom Muller
Tel: