Jennifer Zamudio (Musiekskuur Theatre)
03 Feb
Wat laat jou hart vinniger klop? Een ding is beslis goeie kwaliteit hartsmusiek wat jou sommer laat hoendervleis uitslaan van pure lekkerte. Wel, dit is presies wat Jennifer Zamudio wil bereik met haar nuwe vertoning, #HARTverwant. Die vertoning is Jennifer op haar beste, en bestaan uit liedjies vanuit die meeste van elf haar albums, wat die woord “hart” in die titel, of in die lirieke, bevat. Die kombinasie van Jennifer se warm sielvolle stem, gekombineerd met haar vernuftigheid op die kitaar sal jou gaande hê.
Die +-80 minute vertoning is vol gepak met treffers soos: Hier’s my Hart, Hart se Loper, Hart en Siel, My Hart klop vir Jou en ‘n bekende outydse gunsteling soos L-O-V-E.
Die konsep van #HARTverwant het ontstaan toe Jennifer se Pa haar eendag gevra het of al die liedjies dan altyd die woord “Hart” moet in hê – en dit het die gedagte laat posvat. Meeste van die liedjies was in ‘n poel gegooi en die eindresultaat was #HARTverwant!
Daar is ook 'n spesiale "boodskap" aan die gehoor met die vertoning, het Jennifer opgewonde aangekondig. Die belangrikheid van die “Hart” word in alle fasette van die lewe onderskat en ‘n mens moet leer om dit te respekteer. Dit kan die plek wees waar jy op jou gelukkigste is of die seerste het. En hierdie vertoning sal jou op daardie emosiele musikale reis neem van herontdekking en waardering, so reg deur die kamers van die hart. Maar met ‘n knippie lekkerte, wat jou op jou voete sal kry aan die einde van die aand.
#HARTverwant is bedoel vir oud en jonk wat kwalitiet musiek opreg waardeer.