Elvis Blue
8pm

Met 2016 wat weer ‘n wenjaar was vir Elvis Blue, kan ‘n mens net wonder wat 2017 mag inhou! Verlede jaar het sy 9de studio album en tweede album in sy moedertaal, “Êrens in die middel van nêrens”, platinum status bereik en vir hom die meeste Ghoema toekennings ooit van enige kunstenaar laat inwin. Maart 2017 sien sy nuutste album, ikonies genaamd DIE BRUG, die lug en skiet vinnig tot aan die top van die trefferslys.

Bespreek gou, want sy vertonings verkoop vinnig uit!