Kiekies - Lucas se Liedjies met Jannie du Toit en Thean Kotze

Die veteraan liedjieskrywer-sanger, kabaretkunstenaar Jannie du Toit en die veelsydige kunstenaar Thean Kotzé  (voormalige lid van die vernuwende duo Limpopo en die suksesvolle kitaarkonsep Ses Snare) interpreteer Lucas Maree se tydlose liedjies met ? poëtiese, akoestiese weergawe.

Met hul gestroopte benadering belig dié ervare verhoogkunstenaars hul gewaardeerde vriend, kollega en legende -  die Groot Beer (soos Coenie de Villiers hom met deernis genoem het) - se uitsonderlike menslikheid en kreatiewe gees verbeeldingryk.

Lucas se kunsskatkis – soos in die treffende omslagkunswerk uitgebeeld - bied ‘n opwindende palet van verhale, ideale, wysheid en drome.

Soos sy tekste is die musiek ook ryk geskakeer en bied vryheid om met stem en snaar te eksperimenteer en die musikale gegewe sinvol te vernuwe.

Lucas se oog en oor vir metafore, mense, plekke en emosies word vergestalt in hoogstaande woordkuns.  As tipiese 60’s folk-kunstenaar het hy ‘n verskeidenheid genres in sy musiek vervleg en ? luisterryke balans tussen peinsende ballades en ritmiese reggae-klanke gebied.

Jannie en Thean werk met agting binne die vrye raamwerk van dié legende se nalatenskap en bied met hul eiesoortige musikaliteit vernuftige vertolkings.

Die liedjies is regstreeks in die ateljee opgeneem en met slegs kitare en stemme fokus die oor op die musiek en liriek.

Hierdeur word Lucas se digterlike aanslag opnuut belig en terselfdertyd blink Jannie en Thean se uiteenlopende vaardighede.
Friday09 June @ 20:01BOOK
NOW

R150