Table for 5 with Blackie Swart
08 Nov

BLACKIE SWART – Table for five, the guitar-world of J.J.Cale, Mark Knopfler, Chris Rea, Eric Clapton and Blackie Swart

Blackie Swart is gebore met musiek in sy wese, en na vele omswerwinge in meer as 25 lande, vestig hy homself as ‘n “Afrikaanse sanger” met menige treffers en CD-verkope van meer as 600 000.

Sy hart en siel is egter in Country-Blues-Rock, en die musiek van hierdie vier meesters, lê gemaklik in sy eie styl….as kitaarspeler en sanger.

Blackie doen uiteraard ook sy eie musiek, wat inpas by die vertoning.  Alles guitar-gedrewe! 

Hy bespeel vyf verskillende kitare, gedurende die vertoning, en doen so in al die guitar-meesters se verskillende en unieke style.

“Table for five” ‘n tydlose, musikale reis, is moontlik gemaak deur Reverbnation, ‘n digitale platform vir musiek.  Blackie keer uiteindelik terug te keer na sy “roots”, maar met meer as 35 jaar se ondervinding….

Treffers soos, WALK OF LIFE, SULTANS OF SWING, CALL ME THE BREEZE, AFTER MIDNIGHT, BEFORE YOU ACCUSE ME, ROAD TO HELL, VERONICA, en selfs Boeremusiek, asook Liewe Lulu, die “lelike eendjie”, kry ‘n beurt hier.   Blackie word deur medemusikante ondersteun op die verhoog en Cobus Diksnaar, die bekende en begaafde basskitaarspeler, is die “Generaal en eregas”  aan tafel.  

In sy eie woorde…”Ek het lank probeer om aan popstêr-status vas te klou…..weet rêrig nie hoekom nie, want dis hel…hierdie is Hemel!”



Please select date and time
Wednesday 08 November @ 20:00
R120

General Information / Bookings
Pre-order food and drinks

Tel: 012 368 1555
bookings@rockwoodtheatre.co.za

Address:
Rockwood Theatre
Shop F92
Parkview Shopping Centre
Cnr Garsfontein Road and Netcare Street
Moreleta Park
Pretoria East
0181
Corporate functions / Fundraisers /
Venue hire and conferencing:

events@rockwoodtheatre.co.za
Tel: 012 368 1555

Theatre owner:
Tom Muller
Tel: 012 368 1555
tom@rockwoodtheatre.co.za