Mathys Roets (Musiekskuur)
10 Nov

In 2016 is die groot musiekgees Leonard Cohen oorlede, maar as Mathys Roets dit kan verhelp, sal sy stem nooit stil word nie.

“Sy woorde het nie ? vervaldatum nie,” sê Mathys. “Sedert ek amper dertig jaar gelede Suzanne die eerste keer gehoor het, het ek net gewéét ek wil sy stories, sy pyn, sing. Cohen was alles behalwe konvensioneel, altyd op soek na antwoorde. In my lewe, het hy my geleer om altyd die antwoord te gaan soek.”

Mathys Roets is een van die min kunstenaars wat Leonard Cohen werklik gestand kan doen. En daar is nie ? taalbeperking nie. Afrikaanse en Engelse gehore geniet sy vertolking ewe veel. In Songs of Leonard Cohen word outentieke Cohen gemeng met unieke Mathys – so eenders, maar tog so anders.

Mathys Roets doen van Cohen se grootste treffers waaronder Hallelujah (Hoe dan nou anders?), Suzanne, I’m your Man, If it be Your Will, Famous Blue Raincoat.

Hierdie vertoning is ‘n MOET vir elke Leonard Cohen-aanhanger en vir dié wat nie vertroud is met Mathys Roets en/of Leonard Cohen nie, is hierdie ‘n goeie wegspringplek!



Please select date and time
Saturday 10 November @ 20:00
R150

General Information / Bookings
Pre-order food and drinks

Tel: 012 368 1555
bookings@rockwoodtheatre.co.za

Marketing Manager
Mienkie de Kock
Tel: 012 368 1555
mienkie@rockwoodtheatre.co.za

Address:
Rockwood Theatre
Shop F92, Parkview Shopping Centre
c/o Garsfontein Road & Netcare Street
Moreleta Park, Pretoria East
0181
Whatsapp Booking Line
Weekdays from 8am-5pm
Tel: 064 280 6082

Corporate functions / Fundraisers /
Venue hire and conferencing:

events@rockwoodtheatre.co.za
Tel: 012 368 1555

Theatre owner:
Tom Muller
Tel: 012 368 1555
tom@rockwoodtheatre.co.za

Location:
Click here to go to Google Maps