Kat en Wolf (Musiekskuur)
24 Oct

Hierdie multimedia musikale projek is gebore uit die begeerte van beide hierdie kunstenaars om buite die kou van hul gevestigde name op vryer vleuels met beeld, klank en kostumering in die ongewone wildernis van hul verbeelding te sweef.

In ‘Kat en Wolf’ breek Chris en Daniella weg van die konvensie van hul respektiewelike korpusse en slag die heilige koeie van verwagting, die selfvonnis van beroepsklassifisering en die maak-vir-smaak eise wat gestel word aan diegene wat hul wend tot die waan van ‘n lewensvatbare musiekloopbaanbestaan. 

Kat en Wolf is nie bang vir die donker nie, skrik nie vir bloed nie, is ernstig oor speel en speel met erns. Toonsettings van dele uit die HAT, aanhalings uit kunsgeskiedenis naslaanwerke, die elektrisiteit van seksualiteit en die soeke na die sinvolste verkenning van vals sang is van die onderdele van hierdie aweregse konsertreis.

Chris gee ook altyd, êrens in sy vertoning vir gehore die geleentheid om hulle gunstelinge te versoek!



Please select date and time
Wednesday 24 October @ 20:00
R150
SOLD
OUT

General Information / Bookings
Pre-order food and drinks

Tel: 012 368 1555
bookings@rockwoodtheatre.co.za

Marketing Manager
Mienkie de Kock
Tel: 012 368 1555
mienkie@rockwoodtheatre.co.za

Address:
Rockwood Theatre
Shop F92, Parkview Shopping Centre
c/o Garsfontein Road & Netcare Street
Moreleta Park, Pretoria East
0181
Whatsapp Booking Line
Weekdays from 8am-5pm
Tel: 064 280 6082

Corporate functions / Fundraisers /
Venue hire and conferencing:

events@rockwoodtheatre.co.za
Tel: 012 368 1555

Theatre owner:
Tom Muller
Tel: 012 368 1555
tom@rockwoodtheatre.co.za

Location:
Click here to go to Google Maps