Die Stripshow (Rockwood)
12 Dec

Dié Stripshow is nie jou gewone stripshow nie. Dit is 'n komiese one-man-show met ‘n twist. Dit is sexy. Dit is snaaks. Dit is leersaam. In Die Stripshow word daar NIE met klere gestrip nie, maar met woorde.

Kom kyk hoe Timothy Kieswetter al die seksuele taboes en huweliksmites een vir een wegstrip. By Die Stripshow gaan jy nie net jou maagspiere werk nie, maar ook jou hartspiere.

Met ‘n paar “kinky pink” hoëhakskoene en "fish net stockings” sal niemand twyfel dat hierdie ‘n sexy produksie is nie, en selfs ‘n paar “fluffyhandcuffs” sal die gehoor geboei hou tot die einde.

Daar is ‘n Engelse spreekwoord wat sê “You need to grow a pair...”, en met Die Stripshow was dit nog nooit méér waar gewees nie. Sensitiewe onderwerpe gaan smaakvol getakel word en ‘n goeie sin vir humor word vereis. Alhoewel hierdie nie jou gewone komedie show is nie, sal elke lid in die gehoor iets van die show kan wegvat wat sy/haar huwelik sal verryk.

Daar is ook al gesê dat Die Stripshow 'n maklike manier is om jou vrou by 'n seksuoloog, en jou man by 'n huweliksberader te kry. By Die Stripshow kry jy nie net 'n goeie lag in nie, maar ook waardevolle leerstof vir jou huwelik.

PG18



Please select date and time
Wednesday 12 December @ 20:00
R165

General Information / Bookings
Pre-order food and drinks

Tel: 012 368 1555
bookings@rockwoodtheatre.co.za

Marketing Manager
Mienkie de Kock
Tel: 012 368 1555
mienkie@rockwoodtheatre.co.za

Address:
Rockwood Theatre
Shop F92, Parkview Shopping Centre
c/o Garsfontein Road & Netcare Street
Moreleta Park, Pretoria East
0181
Corporate functions / Fundraisers /
Venue hire and conferencing:

events@rockwoodtheatre.co.za
Tel: 012 368 1555

Theatre owner:
Tom Muller
Tel: 012 368 1555
tom@rockwoodtheatre.co.za

Location:
Click here to go to Google Maps