Joe Foster (Rockwood Theatre)
29 Aug

Gewone kaartjieprys R90

Boek ‘n tafel van 10 vir R750- slegs telefoniese besprekings

 

Drie jaar nadat sanger-liedjieskrywer Joe Foster die suksesvolle Ghoema Pop Album van die Jaar “Hartklank” vrygestel het, doen hy dit weer. Hy vat sowaar die volgende stap met hierdié nuwe album. Die album is baie lewendig, eerlik, kragtig, oorspronklik en sy nuwe klank is skaars vergelykbaar met sy solo-debuut vrystelling.

Met twee van die dertien enkelsnitte,op die nuwe album, wat reeds vrygestel is - kan mens dit hoor. Dié twee snitte het baie gewild geword vandat dit vroeg in 2018 vrygestel was. “Vrede Maak” en sy eerste Engelse enkelsnit “Look Away” het sedertien bo aan talle SA kommersiële, internet en streeksradio’s se treffer-parades gepronk. Hierdie twee snitte is baie goeie aanduidings waarna sy aanhangers kan uitsien met die treffer belaaide “Volgende Stap”, wat middel Augustus op die rakke sal wees.

Hy stel die nuwe album amptelik, Woensdag, 29 Augustus 2018, by die - Rockwood Theatre in Pretoria Oos, bekend. Dis ’n vertoning wat jy nie kan mis nie. Kom vat die reuse nuwe tree saam met Joe in die Volgende Stap van sy loopbaan. Met die kragtige “showcase” van sy nuwe liedjies en die asemrowende vrystellingskonsert, gaan aanhangers weggevoer word na ‘n nuwe Joe Foster wêreld. Kom hoor van die beste snitte op die nuwe album, asook van sy vorige treffers en kuier lekker saam.

Die vertoning word mooi ingekleur deur unieke beligting, lewendige instrumente en musikante, dansers, en ’n atmosfeer wat jou hoendervleis gaan gee. Joe se gewilde duet maat, Johan C Venter, kom maak ook ’n draai om hulle nuutste duet “Voel My Pols”, lewendig op te over.

Kom beleef Joe Foster soos jy nog nooit tevore het nie. Bespreek nou en wees deel van dié Volgende Stap.

 



Please select date and time
Wednesday 29 August @ 19:30
R90 (Kids U12 Free!)

General Information / Bookings
Pre-order food and drinks

Tel: 012 368 1555
bookings@rockwoodtheatre.co.za

Address:
Rockwood Theatre
Shop F92
Parkview Shopping Centre
Cnr Garsfontein Road and Netcare Street
Moreleta Park
Pretoria East
0181
Corporate functions / Fundraisers /
Venue hire and conferencing:

events@rockwoodtheatre.co.za
Tel: 012 368 1555

Theatre owner:
Tom Muller
Tel: 012 368 1555
tom@rockwoodtheatre.co.za